Die Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 1:
Die enige God

Artikel 2
Aie middele waardeur ons God ken

Artikel 3
Die geskrewe word van God

Artikel 4
die kanonieke boeke van die heilige skrif

Artikel 5
Die gesag van die heilige skrif

Artikel 6
onderskeid tussen die kanonieke en apokriewe boeke

Artikel 7
Die volkomenheid van die heilige skrif

Artikel 8
God is een in wese en onderskeie in drie persone

Artikel 9
Skrifgetuienis oor die leer van die drieeenheid

Artikel 10
Die Godheid van Jesus Vhristus

Artikel 11
die Godheid van die heilige gees

Artikel 12
die skepping van alle dinge, veral van die engele

Artikel 13
Die voorsienigheid van od

artikel 14
die skepping van die mens, die sondeval en die gevolge daarvan

Artikel 15
Die erfsonde

Artikel 16
Die ewige verkiesing van God

artikel 17
die verlosser deur God beloof

Artikel 18
die menswording van Jesus Christus

Artikel 19
Die twee nature van Christus

Artikel 20
God se regverdigheid en barmhartigheid in Christus

Artikel 21
Die versoening deur Christus

Artikel 22
Ons regverdiging deur die geloof

Artikel 23
Ons geregtigheid voor God

Artikel 24
Ons heiligmaking en goeie werke

Artikel 25
Die seremoniële wet in Christus vervul

Artikel 26
Christus ons voorspraak

Artikel 27
Die algemene christelike kerk

Artikel 28
Elkeen is verplig om by die ware kerk aan te sluit

Artikel 29
Die kenmerke van die ware en die valse kerk

Artikel 30
Die regering van diekerk

Artikel 31
Die ampsdraers van die kerk

Artikel 32
Die orde en tug van die kerk

Artikel 33
Die sakramente

Artikel 34
Die heilige doop

Artikel 35
Die heilige nagmaal

Artikel 36
Die burgerlike owerheid

Artikel 37
Die laaste oordeel, die opstanding en die ewige lewe die regsininige christelike belydenis van die nederlandse kerke wat die hoofinhoud van die leer in verband met God en die ewige saligheid van siele insluit. In 'n tyd van groot vervolging van protestantse kerke is hierdie belydenisskrif deur guido de bres opgestel. Dit was in die jaar 1561 in die suidelike nederlande (vandag belgië). Verskeie sinodes in die 16de eeu asook die nasionale sinode van dordtrecht (1618-1619) het dit as een van die belydenisskrifte van die gereformeerde kerke
aanvaar.

Artikel 1
Die enige God
ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar 'n enige en enkelvoudige
geestelike wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik,
onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die
alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.
2 kor. 3:17; joh. 4:24; jes. 40:14.

Artikel 2
Die middele waardeur ons God ken
ons ken hom deur twee middele:
ten eerste deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele
wêreld. Dit is immers voor ons oë soos 'n mooi boek waarin alle skepsels, groot en
klein, die letters is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige krag en
Goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel paulus sê (rom. 1:20). Al die dinge
is genoegsaam om die mense te oortuig en hulle alle verontskuldiging te ontneem.
Ten tweede maak hy hom deur sy heilige en Goddelike woord nog duideliker en
meer volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is
tot sy eer en tot die saligheid van hulle wat aan hom behoort.
Ps. 19:2; ef. 4:6; 1 tim. 2:5; deut. 6:4; mal. 2:10; 1 kor. 8:4, 6; 1 kor. 12; 1 kor. 1.

Artikel 3
|Die geskrewe woord van God
ons bely dat hierdie woord van God nie deur die wil van 'n mens gestuur of
voortgebring is nie, maar die heilige mense van God het dit, deur die heilige gees
gedrywe, gespreek, soos die heilige petrus sê (2 pet. 1:21). Daarna het God deur sy
besondere sorg vir ons en ons saligheid sy knegte (die profete en apostels) beveel om
sy geopenbaarde woord op skrif te stel, en hy self het met sy vinger die twee tafels
van die wet geskrywe. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike
skrif.
2 pet. 1:21; ps. 102:19,. Eks. 17:14 (deut. 3); eks. 34:27; deut. 5:22; eks. 31:18.

Artikel 4
Die kanonieke boeke van die heilige skrif
Ons vat die heilige skrif in twee dele saam: die ou en die nuwe testament. Dit is die
kanonieke boeke waarteen niks ingebring kan word nie. Hulle getal in die kerk van
God is soos volg:
die boeke van die ou testament, nl. Die vyf boeke van moses: genesis, eksodus,
levitikus, numeri en deuteronomium, die boeke josua, rigters, rut, 1 en 2 samuel,
1 en 2 konings, 1 en 2 kronieke (genoem paralipomenon), esra, nehemia, ester, job,
die psalms van dawid, drie boeke van salomo: spreuke, prediker en hooglied; die
vier groot profete: jesaja, jeremia, esegiël en daniël; en vervolgens die twaalf klein
profete: hosea, joël, amos, obadja, jona, miga, nahum, habakuk, sefanja, haggai,
sagaria en maleagi;
die boeke van die nuwe testament, nl.: die vier evangeliste: matteus, markus, lukas
en johannes; die handelinge van die apostels; die veertien briewe van die apostel
paulus: aan die romeine, twee aan die korintiërs, aan die galasiërs, die efesiërs, die
filippense, die kolossense, twee aan die tessalonisense, twee aan timoteus, aan
titus, filemon en hebreërs; die sewe briewe van die ander apostels: die brief van
jakobus, twee van petrus, drie van johannes en die brief van judas en die openbaring
van die apostel johannes.

Artikel 5
Die gesag van die heilige skrif
Ons aanvaar al hierdie boeke, en hulle alleen, as heilig en kanoniek om ons geloof
daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig. Ons glo ook sonder twyfel
alles wat daarin vervat is, nie juis omdat die kerk hulle aanvaar en as sodanig beskou
nie maar veral omdat die heilige gees in ons hart getuig dat hulle van God is. Hulle
het ook die bewys daarvan in hulleself, aangesien selfs die blindes kan tas dat die
dinge wat daarin voorspel is, plaasvind.

Artikel 6
Onderskeid tussen die kanonieke en apokriewe boeke
Ons onderskei hierdie heilige boeke van die apokriewe boeke: die derde en vierde
boek van esra, die boek van tobias, judit, die wysheid, Jesus sirag, barug, die
byvoegsel by die geskiedenis van ester, die gebed van die drie manne in die vuur, die
gesldedertis van susanna, die beeld van bel en van die draak, die gebed van
manasse en die twee boeke van die makkabeërs.
Die kerk mag hierdie boeke wel lees en daaruit lering trek vir sover hulle met die
kanonieke boeke ooreenstem.
Hulle het egter geensins sodanige krag of gesag dat iemand deur hulle getuienis
enigiets van die geloof of van die christelike Godsdiens sou kan bevestig nie. Hulle
mag nie in die minste aan die gesag van die ander, die heilige boeke, afbreuk doen
nie.

Artikel 7
Die volkomenheid van die heilige skrif
Ons glo dat hierdie heilige skrif die wil van God volkome bevat en dat alles wat die
mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Aangesien die hele
wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word,
mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die
heilige skrif geleer word nie - ja, al was dit ook 'n engel uit die hemel, soos die
apostel paulus sê (gal. 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die woord van
God by te voeg of daarvan weg te laat (deut. 12:32), blyk dit duidelik dat die leer
daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is. Ons mag ook geen geskrifte
van mense, hoe heilig die mense ook al was, met die Goddelike skrif gelykstel nie;
ook mag ons nie die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of
van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God
gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself
leuenaars en nietiger as die nietigheid self (ps. 62:10). Ons verwerp daarom met ons
hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels
ons leer as hulle sê: '...maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is' (1 joh. 4:
1), en: 'as iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die
huis nie...' (2 joh. :10).
2 tim. 3:17; 1 pet. 1:11-12; spr. 30:6; gal. 3:15; op. 22:18; 1 tim. 1:3; gal. 1:8-11;
1 kor. 15:2; hand. 26:22; rom. 15:4; hand. 18:28-29; 1 pet. 4; luk. 11:13; 2 tim.
3:24; 2. Tim. 1:13; kol. 2:8; hand. 4:19; joh. 3:13; 2 pet. 2:16; joh. 15:15; 1 joh.
1:5; hand. 20:27; 2 joh. 1; joh. 4:25; deut. 12:32; heb. 8:9; matt. 15:3; 17:5;
mark. 7:7; jes. 1:12; hand. 1:21; rom. 3:4; jes. 8:20; 2 tim. 4:(3); 1 kor. 1:13;
2:4; 3:11; 1 pet. 5:12; 2 tess. 2:2; ps. 12:7; 19:8-9, 12; deut. 4:6; 6:9,. Ef. 4:5; joh.
5; kol. 1:16, 18; 1 kor. 8:6.

Artikel 8
God is een in wese en onderskeie in drie persone
ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie woord van God in 'n enige God, een
enige wese, in wie drie persone is, naamlik die vader en die seun en die heilige
gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die
eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie.
Die vader is die oorsaak, oorsprong en begin van alle sigbare en onsigbare dinge.
Die seun is die woord, die wysheid en die beeld van die vader.
Die heilige gees is die ewige krag en mag wat van die vader en die seun uitgaan.
Nogtans volg uit hierdie onderskeiding nie dat God in drie gedeel is nie, aangesien die
heilige skrif ons leer dat die vader en die seun en die heilige gees elkeen sy eie
selfstandigheid het, deur sy eienskappe op so 'n wyse onderskei dat hierdie drie
persone slegs een enige God is. Dit is dus duidelik dat die vader nie die seun en die
seun nie die vader is nie; eweneens dat die heilige gees nie die vader en ook nie die
seun is nie. Nogtans is hierdie persone, wat so onderskeie is, nie gedeel nie en ook
nie onderling vermeng nie. Want die vader en die heilige gees het nie vlees
aangeneem nie, maar slegs die seun. Die vader was nooit sonder sy seun of sy
heilige gees nie, want al drie is van gelyke ewigheid in een en dieselfde wese. Daar
is nie 'n eerste of 'n laaste nie, want al drie is een in waarheid, mag, goedheid en
barmhartigheid.
1 kor. 1:24; joh. 1:14; 1 joh. 1:1; op. 19:13; spr. 8:22; kol. 1:15; matt. 28:19;
3:16-17; joh. 1:14; mig. 5:1.

Artikel 9
Skrifgetuienis oor die leer van die drie-eenheid
Ons weet dit alles sowel uit die getuienisse van die heilige skrif as uit hulle
werkinge, veral uit werkinge wat ons in onsself voel. Die getuienisse van die heilige
skrif wat ons leer om in hierdie heilige drie-eenheid te glo, staan op baie plekke in
die ou testament, en dit is nie nodig om hulle almal op te noem nie.
Ons kan hulle onderskeidend en oordeelkundig uitkies: genesis 1:26 en 27: 'en God
het gesê: laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis... En God het die mens
geskape na sy beeld; man en vrou het hy hulle geskape'; genesis 3:22: 'toe sê die
here God: nou het die mens geword soos een van ons'. Wanneer God sê: laat ons
mense maak na ons beeld, blyk daaruit dat daar meer as een persoon in die Godheid
is. En as hy sê: God het geskep, wys hy die eenheid van die Godheid aan. Weliswaar
sê hy nie hoeveel persone daar is nie, maar wat vir ons in die ou testament enigsins
duister is, is in die nuwe testament baie duidelik. Want toe die here in die jordaan
gedoop is, is die stem van die vader gehoor, wat sê: 'dit is my geliefde seun' (matt.
3:17). Die seun is in die water gesien, en die heilige gees het hom in die vorm van 'n
duif geopenbaar. Buitendien is vir die doop van alle gelowiges hierdie formule deur
Christus vasgestel: 'doop hulle in die naam van die vader en die seun en die heilige
gees' (matt. 28:19). In die evangelie van lukas sê die engel gabriël aan maria, die
moeder van die here: 'die heilige gees sal oor jou kom en die krag van die
allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die heilige wat gebore word, seun
van God genoem word' (luk. 1:35); eweneens: 'die genade van die here Jesus
Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die heilige gees sy met julle
almal' (2 kor. 13: 13), en: 'want daar is drie wat getuig in die hemel: die vader, die
woord en die heilige gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die
aarde: die gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig' (1 joh. 5:7-8).
Ons word op al hierdie plekke baie duidelik geleer dat daar drie persone in een, enige
Goddelike wese is. Al gaan hierdie leer die menslike verstand ver te bowe, glo ons dit
nou tog deur die woord, terwyl ons verwag om die volle kennis en vrug daarvan in
die hemel te geniet.
Verder moet ons ook let op die besondere ampte en op die werkinge van die drie
persone met betrekking tot ons: die vader word ons skepper deur sy krag genoem;
die seun is ons saligmaker en verlosser deur sy bloed; die heilige gees is ons
heiligmaker deur sy inwoning in ons hart.
Hierdie leer van die heilige drie-eenheid is in die ware kerk van die tyd van die
apostels af tot nou toe altyd onderhou en gehandhaaf teenoor die jode,
mohammedane en sommige valse christene en ketters soos marcion, mani, praxeas,
sabellius, samosatenus, arius en dergelike, wat tereg deur die regsinnige vaders
veroordeel is.
Daarom aanvaar ons in hierdie opsig graag die drie belydenisse, naamlik dié van die
apostels, nicéa en atanasius, en ook wat die ou vaders in ooreenstemming hiermee
besluit het.
Gen. 5:1. Matt. 3:16; 28:19; luk. 1:35; hand. 2:32; 2 kor. 13:13; 1 joh. 5:7; hand.
2:32-33; 1 pet. 1:2; 1 ]oh. 4:13-14; gal. 4:6; ef. 3:14, 16; tit. 3:4-6; jud. :20-21;
rom. (6) 8:9; hand. 10:38; 8:29, 37; joh. 14:16; 15:26; 1:33; sp. 25:27.
Artikel 10
die Godheid van Jesus Christus
ons glo dat Jesus Christus ten opsigte van sy Goddelike natuur die eniggebore seun
van God is. Hy is van ewigheid af gebore; hy is nie gemaak nie en nie geskep nie,
want dan sou hy 'n skepsel wees; hy is een wese met die vader, ewig saam met hom,
die ewebeeld van die persoon van die vader en die afskynsel van sy heerlikheid (heb.
1:3) en in alles aan hom gelyk (filp. 2:6). Hy is van ewigheid die seun van God en
nie slegs sedert hy ons natuur aangeneem het nie; so leer die volgende getuienisse ons
as hulle met mekaar vergelyk word: moses sê dat God die wêreld geskep het, en die
heilige johannes sê dat alle dinge ontstaan het deur die woord, wat hy God noem
(gen. 1:1 en joh. 1:3). Die apostel sê dat God die wêreld deur sy seun gemaak het en
ook dat God alle dinge deur Jesus Christus geskep het (heb. 1:2 en kol. 1:16). So
moet hy wat God, die woord, die seun en Jesus Christus genoem word, dus reeds
bestaan het toe alles deur hom geskep is. En daarom sê die profeet miga: 'sy uitgange
is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid' (miga 5:1), en sê die apostel: 'hy is
sonder begin van dae of lewenseinde' (heb. 7:3). Hy is dus die ware, ewige God, die
almagtige, wat ons aanroep, aanbid en dien.
Joh. 1:18, 34 en 49; 1: 14; kol 1:15; heb. 1:3; matt. 3:17; 17:5; joh. 8:24; 10:30;
9:36; hand. 8:34; jes. 7:14; rom. 9:5; 1 tess. 3:11; filp. 2:11; 2 kor 5:19; hand.
20; ef. 3:9; rom. 14; tit. 2; 1 kor. 8:6; heb. 1:1; 3:4; joh. 1:3; 1 joh.5:7, 14, 20;
op. 1-6; joh. 8:58; 17:5; 1 kor. 10:9,. Gal 4:4; miga 5:2; kol 1:15; ps. 2:7, 12;
heb. 13:8.

Artikel 11
Die Godheid van die heilige gees
Ons glo en bely ook dat die heilige gees van ewigheid van die vader en die seun
uitgaan; dat hy nie gemaak of geskep of gebore is nie maar van albei slegs uitgaan;
dat hy in orde die derde persoon in die drie-eenheid is; dat hy van een en dieselfde
wese, majesteit en heerlikheid as die vader en die seun is; dat hy inderdaad ware en
ewige God is, soos die heilige skrif ons leer.
Gen 1:1; heb. 1:3; 11:3; joh. 1:3; ps. 33:6; jer 32:17; mal. 2:10; joh. 1:3; 16:26;
ps. 104; amos 4:13; joh. 14:16, 26.

Artikel 12
Die skepping van alle dinge, veral van die engele
Ons glo dat die vader, toe hy dit goedgedink het, deur sy woord, dit wil sê deur sy
seun, die hemel en die aarde en alle skepsels uit niks geskep het. Hy het aan elke
skepsel `n eie wese, gestalte en voorkoms en onderskeie take gegee om sy skepper te
dien. Hy onderhou en regeer hulle almal nou nog deur sy ewige voorsienigheid en
oneindige krag om die mens te dien, sodat die mens sy God kan dien; en hy het ook
die engele goed geskep om sy boodskappers te wees en sy uitverkorenes te dien.
Sommige van die engele het uit die verhewenheid waarin God hulle geskep het, in die
ewige verderf geval, maar die ander het deur die genade van God in hulle
oorspronklike toestand volhard en staande gebly. Die duiwels en bose geeste het só
ontaard dat hulle vyande van God is sowel as van alles wat goed is.
Soos moordenaars loer hulle op die kerk - ook op elke lidmaat - om dit met alle mag
in die verderf te stort en om alles deur hulle bedrieëry te verwoes. Daarom staan hulle
deur hulle eie boosheid veroordeel tot die ewige verdoemenis en verwag hulle
daagliks hulle verskriklike pyniging. Daarom verfoei ons ook die dwaling van die
sadduseërs, wat ontken dat daar geeste en engele is; ook verwerp ons die dwaling van
die manigeërs, wat sê dat die duiwels hulle oorsprong uit hulleself het en reeds van
nature sleg is en nie sleg geword het nie.
Jes. 40:26; matt. 28:19; 1 joh. 5:15,. Hand. 5:3; 1 kor. 3:16; 6:11; rom. 8:9; kol.
1:16; 1 tim. 4:3; heb. 3:4; op. 4:11; 11:16; heb. 1:14; ps. 103:21; 34:8; joh. 8:44;
2 pet. 2:4; luk. 8:31; matt. 25:41; hand. 23:8; matt. 4.

Artikel 13
Die voorsienigheid van God
Ons glo dat die goeie God, nadat hy alle dinge geskep het, dit nie laat vaar of aan die
toeval of geluk oorgegee het nie maar dit volgens sy heilige wil so bestuur en regeer
dat in hierdie wêreld niks sonder sy beskikking gebeur nie. Tog is God nie die
bewerker van die sondes wat gedoen word nie, en dra hy ook nie die skuld daarvoor
nie. Sy mag en goedheid is immers so groot en onbegryplik dat hy sy werk baie goed
en regverdig beskik en uitvoer, selfs al handel die duiwels en Goddelose mense
onregverdig. Ons wil ook nie verder as wat ons kan verstaan, nuuskierig ondersoek
instel na dié dinge wat hy bo die vermoë van die menslike verstand doen nie;
inteendeel, ons eerbiedig juis in alle nederigheld en in aanbidding die regverdige
oordele van God wat vir ons verborge is. Ons is tevrede daarmee dat ons leringe van
Christus is om slegs te leer ken wat hy in sy woord openbaar, sonder om die grense
daarvan te oorskry.
Hierdie leer bied onuitspreeklike troos as ons daardeur geleer word dat niks per toeval
oor ons kan kom nie maar alles deur die beskikking van ons hemelse vader oor ons
kom. Hy waak oor ons met vaderlike sorg en heers so oor alle skepsels dat sonder die
wil van ons vader nie een haar van ons kop - hulle is almal getel - en ook nie een
mossie op die aarde kan val nie (matt. 10:29-30).
Ons verlaat ons hierop, omdat ons weet dat hy die duiwel en ons vyande in toom hou,
sodat hulle ons sonder sy toelating en wil geen skade kan aandoen nie. Daarom
verwerp ons ook die gruwelike dwaling van die epikureërs, wat sê dat God hom met
niks bemoei nie en alle dinge aan die toeval oorlaat.
Joh. 5:17; heb. 1:3; sp. 16; ef. 1:11; jak. 4:13; job 1:21; 2 kon. 22:20,. Hand 4:28;
2:23; 1 sam. 2:25; ps. 115:13; jes. 45:7; amos 3:6; deut. 19:5; spr. 21:1; ps.
105:25; jes. 10:9; 2 tess. 2:11; eseg. 14:9; matt. 10:29; rom. 1:28; 1 kon 11:23;
gen. 45:8; 50:20; 2 sam. 16:10; matt. 8:31; 1 joh. 2:16; ps. 5:5; 1 joh 3:8; gen
1:26; kol. 1:15; 3:10.

Artikel 14
Die skepping van die mens, die sondeval en die gevolge daarvan
Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het; hy het hom volgens
sy beeld en gelykenis gemaak en gevorm, dit wil sê goed, regverdig en heilig sodat hy
met sy wil in alles met die wil van God kon ooreenstem. Maar toe hy in aansien was,
het hy dit nie verstaan nie en sy uitnemendheid nie besef nie. Hy het homself egter,
deur na die woord van die duiwel te luister, willens en wetens aan die sonde en
daarmee aan die dood en die vervloeking onderwerp. Hy het immers die gebod van
die lewe wat hy ontvang het, oortree en homself deur die sonde losgeskeur van God,
wat sy ware lewe was; so het hy sy hele natuur verderf en daarmee die liggaamlike en
geestelike dood verdien. Hy het deur dat hy in al sy doen en late Goddeloos, verkeerd
en verdorwe geword het, al sy voortreflike gawes wat hy van God ontvang het,
verloor en hy het niks anders daarvan oorgehou nie as slegs klein oorblyfsels, wat
egter genoegsaam is om hom alle verontskuldiging te ontneem. Al die lig wat in ons
is, het immers in duisternis verander, soos die skrif ons leer: en die lig skyn in die
duisternis, en die duistemis het dit nie oorweldig nie' (joh. 1:5), waar die heilige
johannes die mense duisternis noem. Daarom verwerp ons alles wat in stryd hiermee
oor die vrye wil van die mens geleer word, aangesien die mens niks anders as `n slaaf
van die sonde is nie en: `'n mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee
is nie' (joh 3:27). Want wie is daar wat daarop sal roem dat hy uit homself iets goeds
kan doen, terwyl Christus sê: `niemand kan na my kom as die vader wat my gestuur
het, hom nie trek nie' (joh. 6:44)?
Wie sal op sy eie wil roem as hy verstaan dat '...wat die vlees bedink, vyandskap teen
God is' (rom. 8:7)?
Wie sal op sy eie kennis roem as die natuurlike mens die dinge van die gees van God
nie aanneem nie (1 kor. 2:14)?
Kortom: wie sal ook maar op 'n enkele gedagte roem as hy verstaan dat ons uit
onsself nie bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie maar dat ons bekwaamheid
uit God is (2 kor. 3:5)? Daarom is dit reg dat wat die apostel sê, onwrikbaar bly, want
dit is God wat in julle werk. Hy maak julle gewillig en bekwaam om sy heilige plan
uit te voer (filp. 2:13).
Want daar is geen verstand en geen wil in ooreenstemming met die verstand en die
wil van God as Christus dit nie in die mens tot stand gebring het nie. Dit leer hy ons
as hy sê: 'sonder my kan julle niks doen nie' (joh. 15:5).
1 pet. 2:9; pred. 12:7; ps. 8:5; 49:21; jes. 59:2; gen 3:17, 19; pred. 7:30,. Rom.
5:12; joh. 8:7; ef. 4:24; rom. 12:2; 3:10; 8:6; hand. 14:17, rom. 1:20-21; hand.
17:27; ef. 4:18; 5:8; joh. 1:5; ps. 37:9; jes. 26:12; ps. 94:11; rom. 8:3; 1 kon.
20:9; ps. 28:8; jes. 45:25; joh. 3:27; 6:44 (1 kor. 2:14); 2 kor. 3:5; filp. 2:13.

Artikel 15
Die erfsonde
Ons glo dat die erfsonde deur die ongehoorsaamheid van adam oor die hele menslike
geslag uitgebrei het. Dit is 'n verdorwenheid van die hele natuur en 'n oorgeërfde
gebrek waarmee selfs die klein kindertjies in die moederskoot besmet is. Dit is hierdie
wortel wat in die mens allerhande sondes laat uitspruit. Dit is daarom so afskuwelik
en gruwelik voor God dat dit rede genoeg is om die menslike geslag te verdoem. Dit
word selfs nie deur die doop geheel en al tot niet gemaak of volkome uitgeroei nie,
aangesien die sonde aanhoudend uit hierdie verdorwenheid opborrel soos water uit 'n
giftige fontein. Dit word die kinders van God ewenwel nie tot verdoemenis
toegereken nie maar deur sy genade en barmhartigheid vergewe. God vergewe nie
sodat die gelowiges in die sonde gerus sou slaap nie maar wel sodat die besef van
hierdie verdorwenheid hulle dikwels sou laat sug in die verlange om van hierdie
liggaam van die dood verlos te word, ons verwerp hiermee die dwaling van die
pelagiane, wat sê dat hierdie sonde uit niks anders as uit navolging ontstaan nie.
Ps. 51:7; rom. 3:10; joh. 3:6; gen. 6:3; ef. 2:5; job 14:4; rom. 5:14; 7:18-19.

Artikel 16
Die ewige verkiesing van God
Ons glo dat God, toe die hele geslag van adam deur die sonde van die eerste mens in
die verderf en ondergang gestort is, hom betoon het soos hy is, naamlik barmhartig
en regverdig. God is barmhartig, aangesien hy dié wat hy uitverkies het, uit hierdie
verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in
die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in
Jesus Christus, ons here. God is regverdig deurdat hy die ander in hulle val en
verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.
Rom. 3:12; 9:16; deut. 32:8; 1 sam. 12:22; ps. 65:5; mal. 1:2; 2 tim. 1:9; rom.
9:29; tit. 3:4-5; ef. 1:4-5; rom. 11:5; hand. 2:47; 13:48; 2 tim. 2:20; rom. 9:11; 1
pet. 1:2; rom. 9:21; joh. 6:27, 44; 17:9,12; joh. 13:9; 15:16; rom. 11:34-35; joh.
18:20; 15:19; tit. 1:1; ef. 1:3; joh. 10:29; matt. 15:24; 20:23.

Artikel 17
Die verlosser deur God beloof
Ons glo dat ons goeie God in sy uitnemende wysheid en goedheid die mens weer
opgesoek het toe hy gesien het dat die mens homself in die liggaamlike en geestelike
dood gewerp en geheel en al ellendig gemaak en al bewende van hom weggevlug het.
God het die mens toe getroos met die belofte om aan hom sy seun te gee en hom salig
te maak - sy seun, wat uit 'n vrou (gal. 4:4) gebore sou word om die kop van die
slang te vermorsel (gen. 3:15).
Gen 3:15; 22:18; jes. 7:14; joh. 7:42; 2 tim. 2:8; heb. 7:14; joh. 1:14; gen. 3; gal.
4:4.

Artikel 18
Die menswording van Jesus Christus
Ons bely dat God die belofte aan die vaders deur die mond van die heilige profete
inderdaad vervul het deur sy eie eniggebore en ewige seun in die wêreld te stuur op
die tyd deur hom bepaal. Hy het die gestalte van 'n dienskneg aangeneem en aan die
mens gelyk geword (filp. 2:7) deur werklik 'n egte menslike natuur, met al sy
swakhede maar sonder sonde, aan te neem. Hy is in die liggaam van die geseënde
maagd maria deur die krag van die heilige gees en sonder die toedoen van 'n man
verwek. Hy het nie alleen wat die liggaam betref, die menslike natuur aangeneem nie
maar ook 'n egte menslike siel om so 'n werklike mens te wees.
Want hy moes sowel die siel as die liggaam aanneem om al twee te red, aangesien
beide verlore was. Teenoor die kettery van die wederdopers, wat ontken dat Christus
die menslike vlees uit sy moeder aangeneem het, bely ons daarom dat Christus die
vlees en bloed van die kinders deelagtig geword het (heb. 2:14), dat hy wat die vlees
betref, 'n nakomeling van dawid is, as mens gebore is uit die geslag van dawid
(hand. 2:30 en rom. 1:3), 'n vrug van die moederskoot van maria (luk. 1:42), gebore
uit 'n vrou (gal. 4:4), 'n spruit van dawid (jer. 33:15), 'n loot uit die wortels van isai
(jes. 11:1), van die geslag van juda afstam (heb. 7:14), uit die jode as mens gebore
(rom. 9:5), uit die geslag van abraham, aangesien hy die geslag van abraham
aangeneem het en in alle opsigte - maar sonder sonde - aan sy broers gelyk geword
het (heb. 2:17 en heb. 4:15). Ons bely inderdaad dat hy waarlik ons emmanuel is,
dit wil sê: God met ons (matt. 1:23).
Filp. 2:7; 1 tim. 3:16; luk. 1:55; gen. 26:4; 2 sam. 7:12; ps. 132:11; hand. 13:23;
1 tim. 2:5; 1 kor. 12:3; deut. 29:2; ps. 119:34; rom. 7:19; jer. 33:15; heb. 7:14;
rom. 9:5; gal. 3:16; heb. 2:16; matt. 1:16.

Artikel 19
Die twee nature van Christus
Ons glo dat deur hierdie ontvangenis die persoon van die seun onafskeidelik met die
menslike natuur verenig en verbind is; dat daar dus nie twee seuns van God of twee
persone is nie maar twee nature in een persoon verenig, terwyl elke natuur nogtans sy
onderskeie eienskappe behou. Net soos die Goddelike natuur altyd ongeskape gebly
het, sonder begin van dae of lewenseinde (heb. 7:3) en hemel en aarde vervul, só het
ook die menslike natuur sy eienskappe nie verloor nie; dit het skepsel gebly, wat wel
'n begin van dae het, eindig van natuur is en alles behou wat by 'n ware liggaam
behoort.
Hoewel hy daaraan deur sy opstanding onsterflikheld gegee het, het hy die egdieid
van sy menslike natuur nie verander nie, omdat ons saligheid en ons opstanding ook
van die egdieid van sy liggaam afhanklik is. Hierdie twee nature is só saam in een
persoon verenig dat hulle selfs deur sy dood nie van mekaar geskei was nie.
Dit wat hy by sy sterwe in die hande van sy vader oorgegee het, was dus 'n ware
menslike gees wat uit sy liggaam uitgegaan het. Die Goddelike natuur het in die
tussentyd steeds met die menslike natuur verenig gebly, ook toe hy in die graf gelê
het. Die Godheid het nie opgehou om in hom te wees nie; dit was in hom toe hy 'n
klein kindjie was, al het die Godheid hom toe 'n kort tydjie nie geopenbaar nie. Ons
bely daarom dat hy ware God en ware mens is: ware God om deur sy krag die dood te
oorwin, maar ook ware mens om deur die swakheid van sy vlees vir ons te kon
sterwe.
Matt. 28:20; joh. 10:13; ef. 4:8, 12; heb. 7:3; matt. 26:11; hand. 1:11; 3:21; luk.
24:39; joh. 20:25; hand. 1:3; matt. 27:50.
Artikel 20
God se regverdigheid en barmhartigheid in
Christus
ons glo dat God, wat volkome barmhartig en regverdig is, sy seun gestuur het om die
natuur waarin die ongehoorsaamheid begaan is, aan te neem. Hy moes in die menslike
natuur aan die geregtigheid voldoen en die straf vir die sondes deur sy allerbitterste
lyding en sterwe dra. So het God sy regverdigheid teenoor sy seun betoon toe hy ons
sondelas op hom gelê het, en só sy goedheid en barmhartigheld uitgestort oor ons,
wat skuldig was en die ewige vervloeking verdien het. Hy het immers sy seun deur
die mees volmaakte liefde vir ons in die dood gegee, en hy het hom tot ons
regverdiging opgewek, sodat ons deur hom die onsterflikheid en die ewige lewe kan
hê.
Heb. 2:14,. Rom. 8:3, 32; 4:25.

Artikel 21
Die versoening deur Christus
Ons glo dat Jesus Christus - kragtens 'n eed - 'n ewige hoëpriester is volgens die orde
van melgisedek. Hy het homself in ons naam voor sy vader gestel om sy toorn met
volledige betaling te stil deur homself aan die kruishout te offer en sy kosbare bloed
tot afwassing van ons sondes uit te stort soos die profete dit voorspel het. Want daar
staan geskrywe dat die straf wat vir ons die vrede aanbring, op die seun van God was,
en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom; dat hy soos 'n lam na die slagplek
gelei en by die misdadigers gereken is' (jes. 53:5, 7, 9); dat hy as 'n misdadiger deur
pontius pilatus veroordeel is al het dié hom eers onskuldig verklaar. Hy het
teruggegee wat hy nie geroof het nie (ps. 69:5); hy het na liggaam en siel as
regverdige vir onregverdiges gely (1 pet. 3:18); hy het die verskriklike straf wat ons
sondes verdien, ervaar, sodat sy sweet soos bloeddruppels geword het wat op die
grond val (luk. 22:44), en hy het uitgeroep: 'my God, my God, waarom het u my
verlaat' (matt. 27:46).
Dit alles het hy ter wille van die vergewing van ons sondes gely. Ons sê daarom tereg
saam met die apostel paulus dat ons met julle oor niks anders praat nie as oor Jesus
Christus, en wel oor hom as die gekruisigde (1 kor. 2.2); dat ons alles as waardeloos
beskou, want om Christus Jesus, ons here, te ken oortref alles in waarde (filp. 3:8);
dat ons volkome vertroosting in sy wonde vind en dat ons nie enige ander middel hoef
te soek of uit te dink om ons met God te versoen nie as slegs hierdie een offerande
wat net een maal gebring is, waardeur die gelowiges vir altyd volmaak word (heb.
10:14).
Dit is dan ook die rede waarom hy deur die engel van God Jesus, dit is verlosser,
genoem is, want hy sou sy volk van hulle sondes verlos (matt. 1:21).
Ps. 110:4; heb. 5:10; rom. 5:8-9; kol. 2:14; heb. 2:9, 17; rom. 4:25; joh. 15:13;
hand. 2:24; joh. 3:16; rom. 8:32; 1 tim. 1:15; jes. 53:5, 7; heb. 9:14; 1 pet. 2:24;
matt. 15:28; joh. 18:38; ps. 69:5; eks. 12:6; ps. 22:16; dan. 9:26; 1 kor. 2:2; rom.
5:6; filp. 2:8; heb. 9:12; 1 pet. 1:18-19; joh. 10:9; heb. 9:25-26; 10:14; joh. 5:10;
matt. 1:21; hand. 4:12; luk. 1:31.

Artikel 22
Ons regverdiging deur die geloof
Ons glo dat die heilige gees 'n opregte geloof in ons harte laat ontvlam om die ware
kennis van hierdie groot geheimenis te verkry. Die geloof omhels Jesus Christus met
al sy verdienstes. Dit maak hom ons eie en soek na niks anders as na hom nie. Daar
is dus net twee moontlikhede: in Jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig
is nie, óf dit is alles wél in hom, en dan het hy wat wat Jesus Christus deur die geloof
besit, sy volle saligheid. Om nou te beweer dat Christus nie genoegsaam is nie maar
dat daar buite hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike Godslastering wees, want dit
sou beteken dat Christus slegs 'n halwe verlosser is. Ons sê daarom tereg saam met
paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig
is (rom. 3:28). Om presies te wees: ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig
maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons
geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons geregtigheid is. Hý reken ons
sy hele verdienste toe en ook al sy heilige werke wat hy vir ons en in ons plek gedoen
het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan
hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om
vryspraak vir ons sondes te verkry.
Ps. 51:8; ef. 1:17-18; 1 tess. 1:6; 1 kor. 2:12; gal 2:21; jer. 23:6; 1 kor. 1:20; jer.
51:10; 1 kor. 15:3; matt. 1:21; rom. 8:1; 3:20, 28; gal. 2:16; heb. 7:19; rom. 8:29,
33; hand. 13:28; 1 pet. 1:4; rom. 10:3, 5, 9; luk. 1:77; tit. 3:5; ps. 32:1; rom. 4:5;
3:24, 27; filp. 3:9; 2 tim. 1:9; ps. 115:1; 1 kor. 4:7; rom. 4:2.

Artikel 23
Ons geregtigheid voor God
Ons glo dat ons geluksaligheid geleë is in die vergewing van ons sondes om Jesus
Christus ontwil en dat ons geregtigheid voor God daarin bestaan. Dit leer dawid en
paulus ons deur te verklaar dat die mens se geluksaligheld daarin bestaan dat God
hom die geregtigheid buite die wetsonderhouding om toereken (ps. 32:2 en rom.
4:6). Dieselfde apostel sê dat ons verniet, dit wil sê uit genade, geregverdig is deur die
verlossing wat in Jesus Christus is (rom. 3:24). Ons hou daarom hierdie grondslag
altyd vas: ons gee aan God al die eer, verneder ons voor hom, erken dat ons is wat
ons is, en roem glad nie in onsself of in ons verdienste nie, maar maak staat en steun
op die gehoorsaamheid van die gekruisigde Christus alleen. Hierdie gehoorsaamheid
is ons eie as ons in hom glo; dit is ook genoegsaam om al ons ongeregtighede te
bedek en die gewete van vrees, verbystering en skrik te bevry en om ons
vrymoedigheid te gee om na God te gaan, terwyl ons nie handel soos ons eerste vader,
adam, wat al bewende probeer het om hom met vyeblare te bedek nie. Waarlik, as
ons voor God moes verskyn terwyl ons, in watter geringe mate ook al, op onsself of
op enige ander skepsel sou staatmaak, sou ons - helaas! - verteer moes word. En
daarom moet elkeen saam met dawid sê: 'en gaan nie na die gereg met u kneg nie,
want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie' (ps. 143:2).
Heb. 11:7; ef. 2:8; 2 kor. 5:19; 1 tim. 2:6; 1jjoh. 2:1; gen. 3:7 (rom. 5:19); rom
4:6; hand. 4:12; eseg. 36:23, 32; deut. 27:26; jak. 2:10; ps. 143:2; luk. 16:15; job
1; 1 kor. 4:4; ps. 18:28; sef. 3:11; heb. 10:20.

Artikel 24
Ons heiligmaking en goeie werke
Ons glo dat hierdie ware geloof in die mens voortgebring word deur die hoor van die
woord van God en deur die werking van die heilige gees, dat die geloof hom
weergebore laat word en tot 'n nuwe mens maak, hom 'n nuwe lewe laat lei en hom
van die verslawing aan die sonde bevry. Daarom is daar geen sprake van dat hierdie
regverdigende geloof die mens vir 'n vroom en heilige lewe onverskillig sou maak
nie; inteendeel, hy sou daarsonder nooit iets uit liefde tot God doen nie maar slegs uit
liefde tot homself en uit vrees vir die verdoemenis. Dit is daarom onmoontlik dat
hierdie heilige geloof niks in die mens tot stand sou bring nie; ons praat mos nie van
`n dooie geloof nie maar van wat die skrif noem 'n geloof wat deur die liefde tot dade
oorgaan (gal. 5:6), wat die mens beweeg om hom voortdurend te oefen in die werke
wat God in sy woord beveel het.
Hierdie werke is, as hulle uit die goeie wortel van die geloof voortspruit, goed en vir
God welgevallig omdat hulle almal deur sy genade geheilig is. Tog geld hierdie werke
nie vir ons regverdiging nie, want ons is deur die geloof in Christus geregverdig nog
voordat ons goeie werke doen. Hulle sou anders mos nie goed kon wees nie, net so
min as die vrug van 'n boom goed kan wees voordat die boom self goed is.
Ons doen dus goeie werke, maar nie om iets te verdien nie - wat sou ons tog kon
verdien?
Veeleer is ons die goeie werke wat ons doen, aan God verskuldig, terwyl hy aan ons
niks verskuldig is nie, aangesien dit hy is wat in ons werk. Hy maak ons gewillig en
bekwaam om sy heilige plan uit te voer (filp. 2:13). Laat ons daarom let op wat
geskrywe staan: `...wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: ons is
onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen'
(luk. 17:10). Tog wil ons nie ontken dat God die goeie werke beloon nie, maar dit is
deur sy genade dat hy sy gawe bekroon. Verder, al doen ons ook goeie werke, maak
ons dit glad nie die grond van ons saligheid nie, want ons kan geen werk doen wat nie
deur ons sondige natuur besmet en ook strafwaardig is nie. En al kon ons ook één
goeie werk lewer, is die herinnering aan net een sonde vir God genoeg om dit te
verwerp. Op hierdie manier sou ons altyd in twyfel verkeer, heen en weer geslinger
sonder enige sekerheid, en ons arme gewete sou altyd gekwel word as dit nie op die
verdienste van die lyding en sterwe van ons verlosser steun nie.
Rom. 10:17; joh. 5:26; ef. 2:4; joh. 8:36; tit. 2:12; joh. 15; heb. 11:6; 1 tim. 1:5;
gal. 5:6; tit. 3:8; rom. 9:32; tit. 3:5; matt. 7:17; rom. 14:23; heb. 11:4; gen. 4:4;
1 kor. 4:7; filp. 3:13; jes. 26:12; gal. 3:5; 1 tess. 2:13; luk. 17:10; rom. 2:6; op.
2:13; 2 joh. :8; rom. 11:5 (6-7); (ef. 2:5); jes. 64:6; 1 kor. 3:11; jes. 28:26; rom.
10:11; hab. 2:4.

Artikel 25
Die seremoniële wet in Christus vervul
Ons glo dat die seremonies en heenwysings van die wet met die koms van Christus opgehou het en dat alle voorafskaduwing tot 'n einde gekom het. Die gebruik daarvan moet derhalwe onder die christene afgeskaf word. Die waarheid en inhoud daarvan bly nogtans vir ons in Christus Jesus bestaan: in hom het hierdie seremonies en heenwysings juis hulle vervulling. Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig.
Rom. 10:4; gal. 3, 4; kol. 2:17; 2 pet. 1:19; 3:2, 18.

Artikel 26
Christus ons voorspraak
Ons glo dat ons geen ander toegang tot God het nie as net deur die enigste middelaar en voorspraak, Jesus Christus, die regverdige. Hy het juis hiervoor mens geword en in hom die Goddelike en menslike natuur verenig, sodat ons, mense, tot die
Goddelike majesteit toegang kan hê, anders sou die toegang vir ons gesluit wees. Maar hierdie middelaar wat die vader tussen homself en ons aangestel het, moet ons nie deur sy verhewenheid laat terugdeins sodat ons 'n ander middelaar na ons eie
insigte sou soek nie. Want daar is niemand in die hemel of op die aarde onder die skepsels wat groter liefde vir ons het as Jesus Christus nie, hy wat, alhoewel hy in die gestalte van God was, homself ontledig het deur vir ons die gestalte van 'n mens en van 'n slaaf aan te neem en aan sy broers in alle opsigte gelyk geword het (filp. 2:6-7 en heb. 2:17). As ons dus moes soek na 'n ander middelaar wat ons goedgesind sou wees, wie sou ons dan kon vind wat groter liefde vir ons sou hê as hy wat sy lewe vir ons afgelê het, selfs toe ons nog sy vyande was (rom. 5:8, 10)? En as ons een soek wat mag en aansien het, wie besit soveel daarvan as hy wat aan die regterhand van sy vader sit en alle mag in die hemel en op die aarde het (matt. 28:18)? En wie sal
eerder verhoor word as die eie, geliefde seun van God? Dit is slegs deur gebrek aan vertroue dat hierdie gewoonte posgevat het om die heiliges te onteer in plaas van hulle te vereer. So doen hulle iets wat die heiliges nooit gedoen of gesoek het nie maar wat hulle onophoudelik en pligsgetrou verwerp het, soos dit uit hulle geskrifte blyk. Hier moet ook nie ingebring word dat ons dit onwaardig is nie. Daar is mos geen
sprake van dat ons ons gebede op grond van ons waardigheid voor God bring nie. Ons doen dit alleen op grond van die uitnemendheid en waardigheid van Jesus Christus, want sy geregtigheid is ons geregtigheid deur die geloof. Daarom sê die apostel - wanneer hy hierdie dwase vrees of liewer die gebrek aan vertroue van ons wil wegneem - dat Jesus Christus in elke opsig aan sy broers gelyk geword het, sodat hy
'n barmhartige en getroue hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. Omdat hy self versoek is en gely het, kan hy dié help wat versoek word (heb. 2:17-18). En om ons nog meer moed te gee om na hom toe te gaan, sê dieapostel vervolgens: 'terwyl ons dan `n groot hoepriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maareen wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kanverkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word' (heb. 4:14-16). Dieselfde
apostel sê: 'terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus ... Laat ons toetree met `n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid...' (heb. 10:19, 22). En voorts: 'maar hy, omdat hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. Daarom kan hy ook volkome red die wat deur hom tot God gaan, omdat hy altyd leef om vir hulle in te tree' (heb. 7:24-25). Wat kom daar dan nog kort, aangesien Christus self sê: 'ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die vader behalwe deur my nie' (joh. 14:6)? Waarom sou ons 'n ander voorspraak soek, aangesien dit God behaag het om ons sy seun as voorspraak te gee? Laat ons hom geensins verlaat om 'n ander een te neem
of liewer 'n ander een te soek sonder om hom ooit te vind nie. Want toe God hom aan ons gegee het, het hy goed geweet dat ons sondaars is. Volgens die bevel van Christus roep ons daarom die hemelse vader aan deur Christus, ons enigste middelaar, soos dit ons in die gebed van die here geleer word; en ons is verseker dat alles wat ons die vader in sy naam sal bid, aan ons gegee sal word (joh. 16:23). 1 tim. 2:5; 1 joh. 2:1; rom. 8:26; deut. 4:24; gen. 3:10; eks. 20:19; jer 2:33; jes. 43:22; hos. 13:9; luk. 18:19; ef. 3:20; 1 joh. 4:10; ef. 3:19; filp. 2:7; joh 15:13; matt. 28; heb. 1:3, 7; jes. 55:1-3; matt. 11:28; jak. 5:17; ps. 115:1; hand. 14:15;
10:26; heb. 9:24; joh. 11:9; hand. 4:12; 1 kor. 1:30; ps. 34:7; jer 2:5; heb. 4:14, 16; jer. 17:5, 7; heb. 2:17-18; 4:14-16; ef. 2:18; heb. 10:19; 7:25; joh. 14:6; ps. 44:(21) 6; 1 tim. 2:5; 1 joh. 2:1; rom. 8:34; luk. 11:2; joh. 14:13; jer. 16:20; heb. 13:15; rom. 5:8.

Artikel 27
Die algemene christelike kerk
Ons glo en bely 'n enige katolieke of algemene kerk, 'n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo, wat almal hulle volle saliheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die heilige gees. Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is 'n ewige koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie. En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms 'n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het - soos die here vir hom gedurende die gevaarlike tyd onder agab sewe duisend mense bewaar het wat nie voor baäl gekniel het nie. Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot `n sekere plek of sekere persone nie, maar is die oor die hele wêreld versprei en verstrooi. Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die
geloof in een en dieselfde gees saamgevoeg en verenig.
Ps. 46:6; jer. 31:36; ps. 102:14; matt. 28:20; 2 sam. 7:16; luk. 1:32; ps. 89:37;
110:4; gen. 22; rom. 11; 1 kon. 19:18; 2 tim. 2:19; luk. 17:21; matt. 11:25; hand.
4:32; ef. 4:4; 1 pet. 3:20; gen. 22:18; matt. 16:18; jes. 1:9; rom. 9:29; ]oël 2:32;
hand. 2:21.

Artikel 28
Elkeen is verplig om by die ware kerk aan te sluit
Ons glo - aangesien hierdie heilige vergadering 'n versameling is van hulle wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie - dat niemand, wat sy stand en status ook al is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig mag hou nie; inteendeel,
almal is verplig om daarby aan te sluit en hulle daarmee te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur hulle almal - as lede van een en dieselfde liggaam - aan sy leer en tug te onderwerp, die nek onder die juk van Jesus Christus te buig en volgens die gawes wat God aan elkeen gegee het, die broers in die opbou van hulle geloof te dien. En om dit beter te kan doen, is dit volgens die woord van God die plig van alle
gelowiges om hufle af te skei van hulle wat nie aan die kerk behoort nie, en hulle by dié vergadering aan te sluit, waar God dit ook al gevestig het, selfs al sou regerings en wette van regeerders daarteen wees en daarvoor die dood- of lyfstraf oplê. Daarom handel almal wat hulle van hierdie ware kerk afskei of nie daarby aansluit nie, in stryd met die bevel van God.
Ps. 5:6; 22:23; ef. 4:12; heb. 2:12; matt. 24:28; jes. 49:22; 52:11-12; hand. 4:17,
19; heb. 10:25; op. 17:2; hand. 17:7; 18:13.

Artikel 29
Die kenmerke van die ware en die valse kerk
Ons glo dat ons sorgvuldig en met groot oplettendheid uit die woord van God behoort te onderskei watter kerk die ware kerk is, aangesien al die sektes wat daar vandag in
die wêreld is, hulle ten onregte die naam kerk toeeien. Ons praat hier nie van die huigelaars wat in die kerk met die goeies vermeng is en tog nie aan die kerk behoort nie alhoewel hulle uiterlik daarin is; maar ons sê dat `n mens die liggaam en die gemeenskap van die ware kerk moet onderskei van al die sektes wat beweer dat hulle die kerk is. Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende: wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf - kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste hoof erken. Hieraan kan
ons met sekerheid die ware kerk uitken, en niemand het die reg om hom daarvan af te skei nie.

Vervolgens, aangaande die lidmate van die kerk: ons kan hulle uitken aan die kenmerke van die christene, naamlik hulle geloof dat hulle die enigste verlosser Jesus Christus aangeneem het en dat hulle daarna die sonde ontvlug, die geregtigheld najaag, die ware God en hulle naaste liefhet, nie na regs of links afwyk nie en hulle sondige natuur met sy werke kruisig. Hiermee sê ons nie dat daar nie nog groot swakheid in hulle is nie; inteendeel, deur die gees stry hulle juis al die dae van hulle lewe daarteen, terwyl hulle altyd weer hulle toevlug neem tot die bloed, die dood, die lyding en gehoorsaamheid van die here Jesus Christus, in wie hulle deur die geloof in hom vergewing van hulle sondes het.
Wat die valse kerk betref: dit skryf aan homself en sy besluit meer mag en gesag toe as aan die woord van God; dit wil homself nie aan die juk van Christus onderwerp nie; dit bedien die sakramente nie soos Christus dit in sy woord beveel het nie, maar neem weg en voeg by na eie goeddunke; dit vertrou meer op mense as op Christus, en dit vervolg hulle wat volgens die woord van God heilig lewe en wat die valse kerk
oor sy euwels, gierigheid en afGodery bestraf. Herdie twee kerke kan maklik uitgeken en van mekaar onderskei word.
Matt. 13; 2 tim. 2:18-20; rom. 9:6; ef. 2:20; joh. 10:4, 14; matt. 28:20; gal. 1:8; 1
kor. 11:20; kol 1:23; hand. 17:11; joh. 18:37; ef. 1; joh. 8:47; 17:20;1 joh. 4:2
(en 3:9); rom. 6:2; gal. 5:17, 24; rom. 7:5; kol. 1:12; 2:18-19; ps. 2:3; op. 2:9;
17:3; joh. 16:2.

Artikel 30
Die regering van die kerk
Ons glo dat hierdie ware kerk ooreenkomstig die geestelike bestuurswyse wat ons
here ons in sy woord geleer het, geregeer moet word. Daar moet naamlik dienaars of herders wees om die woord van God te verkondig en die sakramente te bedien; ook ouderlinge en diakens om saam met die herders die kerkraad te vorm. Deur hierdie middel moet hulle sorg dra dat die ware Godsdiens onderhou, die ware leer oral versprei, die oortreders op geestelike wyse vermaan en in toom gehou en die armes en
bedroefdes ook volgens hulle nood gehelp en getroos word. Op hierdie wyse sal alles in die kerk behoorlik en ordelik geskied wanneer betroubare persone gekies word ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel paulus in die brief aan timoteus daarvoorgee (1 tim. 3).
1 kor. 4:1-2; 2 kor. 5:19; joh. 20:23; hand. 26:18; 1 kor. 15: 10; matt. 5:14; luk
10:16; gal. 2:8; tit. 1:5; 1 tim. 3.

Artikel 31
Die ampsdraers van die kerk
Ons glo dat die bedienaars van die woord van God, die ouderlinge en die diakens tot hulle ampte verkies moet word deur middel van `n wettige verkiesing deur die kerk, onder aanroeping van die naam van God en in goeie orde, soos die woord van God leer. Daarom moet elkeen terdeë daarteen waak om hom met onbehoorlike middele in te dring. Hy meet wag totdat hy deur God geroep word, sodat hy van sy roeping oortuig kan wees en sekerheid kan hê dat dit van God kom.
Verder, wat die bedienaars van die woord betref: hulle het, op watter plek hulle ook al mag wees, een en dieselfde mag en gesag omdat hulle almal dienaars van Jesus Christus is - die enigste algemene opsiener en die enigste hoof van die kerk. Verder sê ons, met die oog daarop dat die heilige bevel van God nie verkrag of geminag sal word nie, dat elkeen vir die bedienaars van die woord en die ouderlinge van die kerk
besondere agting moet hê ter wille van die werk wat hulle doen, en sover moontlik sonder murmurering, twis of tweedrag in vrede met hulle moet saamleef.
Hand. 6:3-4; 1 tim. 4:13; hand. 1:23; 13:2; 1 tim. 5:22; 1 kor. 12:28; rom. 12:8; 1
tim. 4:14; matt. 18:26; 1 kor. 3:8; rom. 12:7-8; 2 kor. 5:19; hand. 26:18; jes.
61:1; ef. 1:22; kol. 1:28; 1 tess. 5:12-13; heb. 13:7,17.

Artikel 32
Die orde en tug van die kerk
Ons glo verder dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder
mekaar 'n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste meester, vir ons ingestel het nie.
En daarom verwerp ons alle menslike versinsels en alle wette wat mense sou wil invoer om God te dien en om, op watter manier ook al, die gewetens daardeur te bind en te dwing. Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou. Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die woord
van God.
1 kor. 7:57; kol. 2:6-7; matt. 15:9; jes. 29:13; gal. 5:1; rom. 16:17-18; matt.
18:17; 1 kor. 5:5; 1 tim. 1:20.
Artikel 33
die sakramente
ons glo dat ons goeie God, omdat hy met ons stompsinnigheid en swakheid rekening
hou, die sakramente vir ons ingestel het om sy beloftes aan ons te beseël, om tekens
van sy goedheid en genade teenoor ons te wees en om ons geloof te voed en in stand
te hou. Hy het dit by die woord van die evangelie gevoeg om vir ons uitwendige
sintuie des te beter voor te stel wat hy aan ons deur sy woord te kenne gee en wat hy
inwendig in ons hart doen. So bekragtig hy in ons die heil wat hy aan ons meedeel.
Dit is immers sigbare tekens en seëls van 'n inwendige en onsigbare saak, en deur
middel daarvan werk God in ons deur die krag van die heilige gees. Die tekens is dus
nie sonder sin en sonder inhoud om ons te bedrieg of te mislei nie; hulle waarheid is
juis geleë in Jesus Christus, sonder wie hulle geheel en al betekenisloos sou wees.
Verder is ons tevrede met die aantal sakramente wat Christus, ons meester, vir ons
ingestel het en wat slegs twee is, naamlik die sakrament van die doop en die heilige
nagmaal van Jesus Christus.
Rom. 4:11; gen. 9:13; 17:10-11; eks. 12; kol. 2:11; 1 kor. 5:7; matt. 28:19; 26:26;
rom. 10:9; kol. 1:11; 1 pet. 3:20; 1 kor. 10:2.

Artikel 34
Die heilige doop
Ons glo en bely dat Jesus Christus, wat die einde van die wet is (rom. 10:4), deur sy
bloed te stort 'n einde gemaak het aan elke ander bloedvergieting wat 'n mens tot versoening of voldoening van die sondes sou kan of wil aanwend. Hy het die besnydenis wat met bloed gepaard gegaan het, afgeskaf en in die plek daarvan die sakrament van die doop ingestel. Deur die doop word ons in die kerk van God
opgeneem en van alle ongelowiges en vreemde Godsdienste afgesonder om heeltemal sy eiendom te wees en sy merkteken en vaandel te dra. Dit dien vir ons tot 'n getuienis dat hy ewig ons God en genadige vader sal wees. Daarom het hy beveel om almal wat sy eiendom is, net met gewone water in die naam van die vader en die seun en die heilige gees te doop (matt. 28:19).
Hy toon ons daarmee dat, soos water die vuilheid van die liggaam afwas as dit oor ons gegiet word, en soos die water op die liggaam van die dopeling gesien word wanneer dit daarop gesprinkel word, so bewerkstellig die bloed van Christus deur die heilige gees dieselfde inwendig in die siel: dit besprinkel die siel en reinig dit van sy sondes en laat ons, wat kinders van die toorn is, as kinders van God weergebore word. Dit
gebeur nie deur die uitwendige water nie maar wel deur die besprinkeling met die kosbare bloed van die seun van God, ons rooisee waardeur ons moet trek om aan die slawerny van farao, dit wil sê die duiwel, te ontkom en om in die geestelike land kanaän in te gaan. Die bedienaars gee ons van hulle kant dus met die sakrament dit wat sigbaar is, maar ons here gee wat deur die sakrament aangedui word, naamlik die
onsigbare genadegawes: hy was ons siel, suiwer en reinig dit van alle vuilheid en ongeregtigheid; hy maak ons hart nuut en vul dit met alle vertroosting; hy gee ons egte sekerheid van sy vaderlike goedheid; hy beklee ons met die nuwe mens en ontklee ons van die ou mens en al sy werke.
Ons glo daarom dat iemand wat tot die ewige lewe wil kom, slegs een maal gedoop moet word sonder om dit ooit te herhaal, want ons kan tog ook nie twee maal gebore word nie. Hierdie doop is nie alleen nuttig solank die water op ons is en ons dit ontvang nie, maar ook vir ons hele lewe. Daarom verwerp ons die dwaling van die wederdopers, wat nie tevrede is met die een doop wat hulle een maal ontvang het nie,
en wat bowendien ook nog die doop van die gelowiges se kindertjies veroordeel. Ons glo daarenteen dat ons hulle behoort te doop en met die teken van die verbond te beseël, net soos die kindertjies in israel kragtens dieselfde beloftes besny is as wat aan ons kinders gemaak is. En, waarlik, Christus het sy bloed nie minder vir die reiniging van die gelowiges se kindertjies as vir die volwassenes vergiet nie. Daarom behoort
hulle die teken en die sakrament te ontvang van wat Christus vir hulle gedoen het, soos die here in die wet beveel het om hulle kort na die geboorte deel te laat hê aan die sakrament van die lyding en sterwe van Christus deur vir hulle 'n lam te offer, wat 'n sakramentele heenwysing na Jesus was. Buitendien doen die doop aan ons kindertjies dieselfde as wat die besnydenis aan die joodse volk gedoen het; dit is die rede waarom die heilige paulus die doop die besnydenis deur Christus noem (kol.2:11).
Matt. 28:19; 1 kor. 6:11; tit. 3:5; heb. 9:14; 1 joh. 1:7; (op. 1:5); 1 pet. 1:2; 2:24;
1 joh. 5:16; joh. 19:34; matt. 3:11; 1 kor. 3:7; rom. 6:3; ef. 5:26; hand. 22:16; 1
pet. 3:21; gal. 3:27; 1 kor. 12:13; ef. 4:5; heb. 6:1-2; hand. 8:16; 2:38, 41; matt.
19:14; 1 kor. 7:14; gen. 17:11; kol. 2:11; lev. 12:6.

Artikel 35
Die heilige nagmaal
Ons glo en bely dat ons verlosser, Jesus Christus, die sakrament van die heilige nagmaal beveel en ingestel het om hulle te voed en te onderhou wat hy reeds wederbaar en in sy huisgesin, die kerk, ingelyf het. Nou het dié wat weergebore is, tweërlei lewe in hulle: die een liggaamlik en tydelik, wat hulle van hulle eerste
geboorte saamgebring het en wat alle mense besit; die ander geestelik en hemels, wat aan hulle gegee word in die tweede geboorte, wat deur die woord van die evangelie in die gemeenskap van die liggaam van Christus plaasvind. Almal deel nie in hierdie lewe nie, maar slegs die uitverkorenes van God. So het God tot instandhouding van die liggaamlike en aardse lewe vir ons aardse en gewone brood voorsien; dit dien die
lewe en behoort, soos die lewe self, aan almal. Maar om die geestelike en hemelse lewe wat die gelowiges besit, in stand te hou het hy vir hulle 'n lewende brood gestuur wat uit die hemel neergedaal het, naamlik Jesus Christus. Hy voed en onderhou die geestelike lewe van die gelowiges wanneer hy geëet, dit wil sê deur die geloof geestelik toegeeien en ontvang word. Om hierdie geestelike en hemelse brood vir ons af te beeld het Christus aardse en sigbare brood as 'n teken van sy liggaam en wyn as 'n teken van sy bloed ingestel.
Hy gee ons daarmee dit te kenne: so waarlik as wat ons die sakrament ontvang en in ons hande hou en dit met ons mond eet en drink en dit daarna ons lewe in stand hou, net so waarlik ontvang ons vir ons geestelike lewe in ons siele deur die geloof - dit is die hand en mond van ons siel - die ware liggaam en die ware bloed van Christus, ons enigste verlosser.
Dit staan dus bo alle twyfel vas dat Jesus Christus nie tevergeefs sy sakramente vir ons voorgeskryf het nie; hy doen immers in ons alles wat hy vir ons deur hierdie heilige tekens voor oë stel, al gaan dit ons verstand te bowe en is dit vir ons onbegryplik hoe dit gebeur, net soos die werking van die heilige gees ondeurgrondelik en onbegryplik is. Tog dwaal ons nie as ons sê dat wat deur onsgeëet en gedrink word, die eie en natuurlike hggaam en die eie bloed van Christus is nie; maar die manier waarop ons dit nuttig, is nie met die mond nie maar met die gees deur die geloof. Daarom, al bly Christus altyd aan die regterhand van sy vader in die hemel sit, hou hy tog nie op om ons deur die geloof aan homself deel te laat hê nie. Hierdie feesmaal is 'n geestelike maaltyd waar Christus homself met al sy weldade aan ons meedeel en waar hy ons homself en die verdienste van sy lyding en sterwe laat geniet. Hy voed, versterk en vertroos ons arme troostelose siel as ons sy liggaam eet, en hy verkwik en herstel dit as ons sy bloed drink. Verder, hoewel die sakramente én die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie. Die Goddelose mens ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sacrament nie. So het judas en simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie
Christus, wat daardeur voorgestel word nie; hy word slegs aan die gelowiges gegee. Ten slotte, ons ontvang die heilige sakrament in nederigheid en met eerbied in die samekoms van die volk van God, waar ons met danksegging 'n heilige gedagtenis aan die dood van Christus ons verlosser onderhou en belydenis van ons geloof en van die christelike Godsdiens doen. Daarom behoort niemand daarheen te gaan as hy homself
nie eers deeglik ondersoek het nie, sodat hy nie tot sy eie oordeel eet en drink as hy van hierdie brood eet en uit hierdie beker drink nie (1 kor. 11:29). Kortom, deur die gebruik van hierdie heilige sakrament word ons tot 'n vurige liefde vir God en ons naaste beweeg. Daarom verwerp ons alle brousels en verwerplike versinsels wat mense by die sakrament bygevoeg en daarmee vermeng het, as ondieiligings daarvan.
Ons verklaar dat ons tevrede moet wees met die verordening wat Christus en sy apostels ons geleer het, en ons sê dieselfde as wat hulle daarvan gesê het.
Matt. 26:26; mark. 14:17; luk. 22:19; 1 kor. 11:24, 28; joh. 3:6; 10:10; 5:25; 6:48,
51, 63; 1 kor. 10:16, 27; ef. 3:17; joh. 6:35; hand. 3:21; mark. 16:14; matt. 26:11;
1 kor. 10:3-4; 11:29; rom. 8:22; 2 kor. 6:15; 1 kor. 2:14; hand. 2:42; 20:7.

Artikel 36
Die burgerlike owerheid
Ons glo dat ons goeie God vanweë die verdorwenheid van die menslike geslag
konings, vorste en owerhede aangestel het. Dit is immers sy wil dat die wêreld deur middel van wette en regerings geregeer moet word, sodat die losbandigheld van die mense in bedwang gehou kan word en alles onder die mense ordelik kan verloop. Vir dié doel het hy die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (rom 13:4) en die deugsames te beskerm. En dit is nie alleen hulle taak om aan
die staatsbestuur aandag te gee en daaroor te waak nie maar ook om die heilige woordbediening te beskerm, om sodoende alle afGodery en valse Godsdiens teen te gaan en uit te roei, die ryk van die antichris te vernietig en die koninkryk van Jesus Christus te bevorder, die woord van die evangelie orals te laat verkondig, sodat God deur elkeen geëer en gedien word soos hy in sy woord beveel. Verder is elkeen verplig, van watter hoedanigheid, rang of stand hy ook al mag wees, om hom aan die owerhede te onderwerp, belasting te betaal, aan hulle eer en onderdanigheid te bewys, hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die woord van God in stryd is nie, en vir hulle voorbidding te doen dat die here hulle in al hulle
handelinge mag bestuur, sodat ons in alle Godsvrug en eerbaarheid 'n rustige en stil lewe kan lei (1 tim. 2:2). Hierin verfoei ons die wederdopers en ander oproerige mense en in die algemeen almal wat die owerheidsgesag en regeerders wil verwerp en die regsorde omver wil stoot, terwyl hulle die gemeenskaplike besit van goedere invoer en die eerbaarheid wat God onder die mense ingestel het, versteur.
Eks. 18:20; rom. 13:1; spr. 8:15; jer. 22:3; ps. 82; deut. 1:16; 16:19; 17:16; 2 kor.
10:6; ps. 101; jer. 21:12; rig. 21:25; jer. 22:3; dan. 2:21-22; (5:8); jes. 49:23; 2
kron. 23; 1 kron. 15:12; rom. 13:1; luk 22:1; 1 pet. 2:17; tit. 3; matt. 17:27;
hand. 4:17-19; hand. 2, 5; hos. 5:11; jer. 27:5; 2 pet. 2:10; jud. 1:10; 1 tim. 2:2.

Artikel 37
Die laaste oordeel, die opstanding en die ewige lewe ons glo ten slotte, in ooreenstemming met die woord van God, dat, wanneer die tyd gekom het wat die here bepaal het - dié tyd is vir alle skepsels onbekend - en die getal uitverkorenes volledig sal wees, ons here Jesus Christus met groot heerlikheid en majesteit uit die hemel sal kom, liggaamlik en sigbaar, soos hy opgevaar het (hand.1:11), om homself as regter oor die lewendes en dooies aan te kondig, terwyl hy hierdie ou wêreld aan vuur en vlam sal prysgee om dit te suiwer. Dan sal, gedaag deur die stem van die aartsengel en deur die geklank van die basuin van God, alle mense, mans, vrouens en kinders, wat van die begin van die wêreld af tot die einde toe geleef het, persoonlik voor hierdie groot regter verskyn (1 tess. 4:16). Want al die dooies sal uit die aarde opstaan, die siel van elkeen saamgevoeg en verenig met sy liggaam waarin hy geleef het. En hulle wat dan nog sal lewe, sal nie soos die ander sterwe nie maar in 'n oogwink verander en uit verganklikheid onverganklik word. Dan sal die
boeke, dit is die gewetens, geopen en die dooies geoordeel word (op. 20:12) volgens wat hulle in hierdie wêreld gedoen het, of dit goed was of sleg (2 kor. 5:10). Ja, die mense sal rekenskap moet gee van elke ligsinnige woord wat hulle gesê het (matt. 12:36), al beskou die wêreld dit slegs as kinderspel en tydverdryf; en dan sal diegeheime bedrog en huigelary van die mense in die openbaar voor almal oopgevlek
word.
Daarom is die gedagte aan hierdie oordeel vir die oortreders en Goddeloses met reg ontsettend en skrikwekkend maar vir die vromes en uitverkorenes begeerlik en troosryk. Want dan sal hulle volle verlossing voltooi word, en hulle sal daar die vrugte ontvang van moeite en lyding wat hulle gedra het. Hulle onskuld sal deur almal erken word, en hulle sal die verskriklike wraak sien wat God sal voltrek oor die Goddeloses wat hulle in hierdie wêreld wreed vervolg, verdruk en gekwel het. Maar die Goddeloses sal deur die getuienis van hulle eie gewete tot erkenning van hulle skuld gebring word; hulle sal onsterflik word dog slegs om gepynig te word in die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is (matt. 25:41). Die gelowiges en uitverkorenes, daarenteen, sal met heerlikheid en eer gekroon word. Die seun van God sal hulle naam voor God, sy vader (matt. 10:32), en sy uitverkore engele bely; alle trane sal van hulle oë afgevee word (op. 21:4). Dan sal dit bekend word dat hulle saak, wat tans deur baie regters en owerhede as ketters en Goddeloos veroordeel word, die saak van die seun van God is. En as 'n beloning uit genade sal die here self hulle so 'n heerlikheid gee as wat die hart van 'n mens nooit kon bedink nie. Daarom verwag ons hierdie groot dag met sterk verlange om die beloftes van God in Jesus Christus, ons here, ten volle te geniet.
Amen
matt. 13:23; 25:13; 1 tess. 5:1-2; matt. 24:36; op. 6:11; hand. 1:11; 2 pet. 3:10;
matt. 24:30; op. 21:11; matt. 25:31; jud. 1:15; 1 pet. 4:5; 2 tim. 4:1; 1 tess. 4:16;
1 kor. 15:51; matt. 11:22; mark. 12:18; matt. 23:23; joh. 5:29; rom. 2:5; heb. 6:2;
9:27; matt. 12:36; 2 tess. 1:5; (heb. 10:27); 1 joh. 4:17; op. 14:7; luk. 14:14; 2
kor. 5:10; op. 21:8; 22:12; dan. 7; matt. 25:41; 2 pet. 2:9; jes. 25:8; matt. 10:32;
op. 21:4; jes. 66:5; 1 kor. 2:9.