Diakens

Diakens in ons gemeente is verantwoordelik vir die liefdesgawes en versorging van die gemeenskap van gelowiges. Die prioriteit van 'n diaken is om die gemeente as gemeenskap van gelowiges saam te laat lewe. Vir hierdie doel moet hulle bewus wees van elke lidmaat se fisiese en geestelike welstand, huislike omstandighede en gereed wees om hulp te verleen wanneer nodig. Verder doen die diakens werk vir die Gereformeerde Kerk se Kinderhuise, Huise vir Bejaardes en dra hulle ook finansieel by vir spesiale projekte waar nood bestaan binne Gereformeerde Kerkverband. Die Diakonie vergader gereeld om hierdie verantwoordelikhede te bespreek en besluite te neem tot verligting van nood op die verskillende terreine.

More in this category: « Ouderlinge